
Rudi & Liandrie Proposal | Bloubergstrand
Rudi het my so ‘n rukkie terug al gekontak om sy en Liandrie se verlowing op Bloubergstrand te beplan. Alles het perfek uitgewerk en ek wag toe op die duine met ‘n pieniek mandjie totdat hulle die bespreekde plek bereik en Rudi op sy knie gaan. ‘n Mens kan sommer die liefde tussen die tweetjies sien en ek is versot op Liandrie se ring! Haar naels was ook so mooi gedoen dat sy dadelik die ring kon afshow! Baie baie geluk julle tweetjies!